Monday, 13 October 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...


[Ek plaas hierdie ou artikel onder Blou Maandag-humor, omdat min mense hierdie statistiek sal glo - veral nie die mans nie!]

Welkom. - Goeie nuus is onlangs deur die Nasionale Verkeersveiligheidsraad bekend gemaak! Volgens die Raad is vroue beter bestuurders as mans en sterf meer manlike bestuurders as vroulike eweknieë jaarliks op ons paaie.

Volgens die NVVR is sowat 68% van die motorbestuurders in ons land mans, terwyl die oorblywende 32% vroue is. Wanneer daar egter na statistiek oor die sterftes en beserings gekyk word, is die koers baie hoër onder mans.

Gedurende 1983 was daar 4 073 973 gelisensieerde manlike bestuurders en 2 806 971 vroulike bestuurders. Sowat 1 974 mans is noodlottig beseer in motorongelukke terwyl 150 vroue gedood is. Van die mans is daar 27 897 beseer en slegs 4 925 vroulike bestuurders is beseer. Dit kom daarop neer dat 93% van alle bestuurders wat noodlottig beseer is, mans is. Slegs sewe persent van die bestuurders is vrouens.

VISTA is besig met 'n ondersoek onder ons plaaslike bestuurders, maar dit wil voorkom asof die skaal omgeswaai het onder die Godveldse bestuurders. Verdere inligting sal in die volgende uitgawe van VISTA gepubliseer word.     

[Bron: Vista 1980's]

Gedagte: Wonder hoe die situasie vandag daar uitsien.