Saturday 19 March 2022

HTS se hertogin van herwinning

Portia Kgopodithata, 'n 9-jarige wat nie vir 'n skoolprojek wag om haar deel te doen om die aarde te bewaar nie. Ander mense wag weer vir Nasionale Herwinningsdag. 

Sy het sommer vroeg in haar lewe besef dat baie dinge in die lewe 'n tweede kans kan kry - baie keer in 'n ander vorm, maar nog net so bruikbaar soos voorheen. Haar spesialiteit is die herwinning van papier en daarvan maak sy boekies vir kleuterskole in die droë Noord-Kaap om hulle te help. 

Sy het ook uitgevind dat om 'n ton papier te maak, is dit nodig om tussen 10 en 15 bome, 7 800 kilowatt uur elektriese energie en 'n groot hoeveelheid water te gebruik. Deur papier te herwin, sal bome, elektrisiteit en water bespaar kan word. 

Ons moet die aarde bewaar vir hulle wat na ons kom. Boonop beskerm ons insekte en voëls wat baie afhanklik is van bome om van te leef. En ons as mense het suurstof nodig, daarom moet ons sensitief wees vir die aarde se behoeftes.

Portia is die flukse en slim dogter van Madiba en Rebecca, albei personeellede van die skool.
 Portia het groot drome en daarom
begin sy reeds van jongs af haar
deel vir die gemeenskap doen.
Dankie, Portia!