Friday 3 April 2020

'n Vinnige Vrydag-terugflits - 2012

Nceba Mgojo net na die keuringsonderhoud
wat die dosente van NWU-Pukke (Noordwes-
Universiteit Potchefstroom) met hom
gevoer het. Hy het kop en skouers bo die
ander kandidate uitgestaan. Viva musiek!! 
HTS se koor in 2012. Hierdie leerders het skoonskip
gemaak in verskeie afdelings waaraan hulle deelgeneem
het. Op die voorgrond is Nceba Mgojo met die trompet -
'n blaasmeester as dit by musieknote kom. Deesdae deel Nceba
sy liefde vir musiek met die leerders van die skool,
nadat hy musiek aan die Pukke studeer het.
Regs staan mev. Malinda Anderson, Nceba se mentor,
wat musieknote kon toor uit die Tekkie-manne.