Thursday 21 November 2019

Baie dankie, mnr. Crauwcamp!

Daar is altyd iemand in die lewe wat 'n mens se pad kruis en jou lewe verryk, omdat hy dieper kyk, mense verstaan en altyd 'n helpende hand uitreik.

Francios het hierdie eksamen die pad met die graad 11's gestap. En saam met hom was die graad 11-registeronderwysers aan sy sy.

Om vir die lang ure wat hulle elke dag moes toesig hou, het hy vir hulle 'n in-die-tuin-ontbyt gereël - net om dankie te sê! En terwyl dit heerlik gereën het, het hulle sommer so stoeplangs geëet en gekuier.

Die staatmakers is Erick Litjamela, Holang Mohau, Vusi Manqana, Aletta Makgitla, Sheree Gray, Bianca Kruger en Caryn Petersen.