Sunday 25 July 2021

Sterkte, matrieks!

Kabelo Makhetha saam met sy protégé,
Kamohelo Hoshoko wat ingenieurswese aan die
Universiteit van Kaapstad studeer.

'n Yskoue Donderdagoggend, waar die temperature die
vorige nag 'n rekordtemperatuur van -13 aangeteken het,
het vier ywerige matrieks na wenke van die Dux-leerder
van 2020 kom luister. Matriek en Covid-19 saam is geen
grap nie en wie beter as Kamohelo om vir hulle die pad
vorentoe aan te dui!
Die matrieks wat elke dag van die vakansie vir
ekstra klasse gekom het, is Sicelo Tseletsele, Rethabile
Mahasa, Tando Mtengwane en Katleho Majola.