Monday 19 August 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Die juffrou betrap een van die seuntjies in haar klas dat hy lelik praat. 
"Wayne,"sê sy, "jy moenie so lelik praat nie. Waar leer jy sulke woorde?"
"My pa het so gesê," antwoord Wayne.
"Ag, dit maak seker nie saak nie, want jy weet tog nie wat dit beteken nie"
"Ek weet tog, juffrou," help Wayne haar reg. "Dit beteken die kar wil nie vat nie."

***

Pa, ek het goeie nuus. Pa hoef nie weer vir my boeke te koop vir volgende jaar nie. Ek gebruik sommer hierdie jaar s'n.