* Ekonomiese definisies:
Resessie - wanneer jou buurman sy werk verloor.
Depressie - wanneer jy jou werk verloor.
Ekonomiese herstel - wanneer die minister van finansies sy werk verloor.
* Studente kan ook té logies dink. 'n Voornemende ingenieur word in die eksamen gevra watter stappe hy sal doen as die drukmeter in 'n stoomketel heeltemal by die rooi gevaarmerk verby is en die watermeter toon dat die stoomketel byna leeg is.
Hy het geantwoord: "Baie langes."
* Waarom hou mans van BMW's?
Hulle kan dit maklik spel.