Thursday 18 June 2015

Gespesialiseerde onderrig


Senior amptenare by die Nasionale Departement van Onderwys het by 'n onlangse vergadering van tegniese skole bevestig dat gespesialiseerde onderrig gaan terugkom, sodat leerders wat tegniese vakke neem, meer vaardighede kan leer. Leerders sal dan kan kies om te spesialiseer in byvoorbeeld Houtbewerking, Siviele Konstruksie, Pas- en Draaiwerk, Elektriese Kragstelsels, Motorwerktuigkunde, ens.

Volgens hierdie senior beamptes is die veranderinge spoedeisend, omdat dit noodsaaklik is om die vaardigheidstekort in Suid-Afrika aan te spreek. Tegniese onderrig en tegniese vaardighede is so belangrik in die tydvak waarin ons leef.  

Leerders wat volgende jaar in graad 8 begin, sal beslis vanaf graad 10 hierdie gespesialiseerde tegniese onderrig kan ontvang. Met die oog op die land se toekoms, is dit van kardinale belang dat graad 7-leerders ingeligte besluite moet neem.

By HTS word leerders toegerus met lewensvaardighede sodat hulle kan groei en hul plek in die samelewing kan volstaan. 

Kies nou, kies reg, want dit is belangrik dat jy jou volle potensiaal moet kan bereik.