Sunday 26 July 2015

2015 se melodrama: TekkieTonic

Op die foto verskyn Christopher Brummer (lid van Aqaubionic),
mevv. Jeannette Guy, Dawn Ray, haar wederhelf mnr. Des Ray en
Pieter Pretorius (lid van Aqaubionic)
HTS-personeel het Tekkie Tonic, 'n melodrama, uit die boonste rakke aangebied.

'n Heerlike program is Woensdag- middag vir die senior burgers van Welkom opgevoer en so halfpad deur die program, is die gaste getrakteer op tee en koek. En terwyl hulle die innerlike versterk, het mnr. André van Dyk tussen die gaste rondbeweeg, terwyl hy die een liedjie na die ander op die trek- klavier gespeel het. Party mense het skoon heimwee gekry en dit het hulle laat terugverlang na hulle jongdae!!  

Daarna kon die gehoor weer hulle lagspiere oefening gaan gee.  

Karien van Jaarsveld, DJ Ossewa, Jay en Lianie May, Taylor Swift en Robbie Wessels is maar enkele van die "gaskunstenaars" wat opgetree het en die gehoor met hulle sang en danspassies vermaak het.