Thursday 2 July 2015

Verbeter jou prestasies! Slim leerders speel skaak!!


Dat skaak ’n belangrike rol by die opvoeding van kinders kan speel, word al meer en meer deur die regering, ouers en opvoedkundiges besef. Die regering se ernstige benadering word weerspieël deur die feit dat president Zuma reeds aangekondig het dat skaak reeds in 2010 een van die ses sportsoorte is wat in die toekoms verpligtend by alle skole gaan wees. Teen 2012 is skaak reeds by 2000 skole geïmplementeer. In 39 lande in die wêreld is dit reeds ‘n verpligte skoolvak.
Skaak is ‘n fantastiese en opwindende spel wat ‘n speler oneindige plesier verskaf. Dit het ook die voordeel dat ‘n speler se denke, konsentrasie en insig ongelooflik verbreed en verdiep word.
Lees verder!