Tuesday 10 November 2015

Basketbalspelers pronk in nuwe klere!!

Die kaptein van die span is Kearabetswe Mohale. Die spelers is
deur Buildmat geborg en die klere is deur mnr. Mark Grobbelaar
oorhandig! Op die foto is ook mnre. Lesala Khetheng (afrigter) 

en Pieter Swanepoel (skoolhoof).

Die basket- balspan is besig om hulle vere reg te skud vir 2016 en daarvoor moes hulle 'n DIY-kenner inkry. Gelukkig het hulle aan mnr. Mark Grobbelaar se deur gaan klop en was hulp baie nader as wat hulle gedink het.

So, uitgedos in eenderse vere, hoef hulle nie in geleende vere te pronk nie! Indien die span veerkragtiger lyk, dan is dit Buildmat wat vir hierdie nuwe tred verantwoordelik is.

Sterkte vir 2016 en ons sien uit na die nuwe seisoen!

Nog foto's!