Sunday 1 November 2015

Jammer...!


Mev. Alda Welman en Thabang Morake
(Vir mev. Welman)

Jammer dat ek nie die beste punt

in Afrikaans behaal het nie.
Jammer dat ek nie elke dag
skool toe gekom het nie.
Jammer dat ek nie die stilste
in die klas was nie.

Maar juffrou...

Dankie dat jy nie opgegee het nie.
Dankie dat jy my met elke dag
se werk gehelp het.
Dankie dat jy my elke keer
vergewe het.

Ek was kinderagtig en daaroor is ek jammer...
Nou is ek 'n man en daarvoor is ek dankbaar!!

(Thabang Morake 12C 2014 )