Monday 16 May 2016

'n Droom...

Ek pas soos 'n koning
in 'n kasteel as my woning.
Ek regeer,
maar wag...
as ons nugter reageer-
is dit net 'n droom!

Drome van 'n jong kind,
waarin jy iets vernuwens kan vind.
Is dit mooi of is dit lelik,
is dit enigsins belangrik?
Wat belangrik is, is om te droom,
sonder om van die werklikheid weg te skroom.

Jou lewe sal 'n nagmerrie wees,
as jy nie drome het nie!!

[George Motapane 11B]