Saturday 12 August 2017

Dié wen, het die afrigter van sy voete af...

Lesala Khetheng - Spoedige beterskap!!
Die basketbalafrigter, Lesala Khetheng, het van Donderdag af, nie meer 'n voet om op te staan nie. 

Nadat HTS se basketbalspan Donderdagmiddag hulle opponente 35 - 5 die loef afgesteek het, is hulle afrigter hospitaal toe... hy het sy enkel verstuit, sy ligamente geskeur en hy het hom sodoende op die krukkelys geplaas!! Hy gaan vir 'n paar weke buite aksie wees, maar wag tot hy terugkeer...

En mnr. LA Khetheng ... jy het ook jou vlug na die Oekraïne verpas!! (Red.) SAGE Internasionaal is in volle swang en dit lyk asof dit alle verwagting oortref!! 

Volgende jaar sit jy ook in hierdie voorste gestoeltes!!