Friday 25 August 2017

Tegniese wetenskap PAT: graad 11A

Die eerste voorbeelde van die projek - gemaak van goedkoop, herwinbare en maklik verkrygbare materiaal. Hierdie prototipes maak van elastiese potensiële energie gebruik vir aandrywing.

Hier sit die trotse graad 11A's by hulle handewerk.

Hierdie "karre" is ook aan 'n tydtoets onderwerp. Tekkie Tonic sal uitvind wie die vinnigste "kar" kon bou...

Met hierdie wetenskapeksperiment neem elke leerder sy lesings om grafieke te trek en vrae te beantwoord ten opsigte van krag, spoed, massa ens.

Op die foto verskyn Paul Gerber, Schalk Pelser, CJ Horak, Renier de Lange en Gert van Zyl.
(Fotograaf. Me. M Pienaar)