Sunday 17 December 2017

Buhle Sigcawu groet te gou...

Hierdie foto'tjies is in jou jong HTS-dae geneem - 2014. Jou breë glimlag, vriendelikheid en werksywer was so deel van wie jy was.

Jy het die Springbokke en "WP" ondersteun, jy was 'n groot Orlando Pirates aanhanger.

Vir baie lank/jare was jy die VRL-lid wat altyd die vlag gehys en gestryk het... en halfmas laat hang het vir hulle wat te vroeg weg is...

En nou die skoknuus... Jou klasmaats is verbysterd en jou maats verslae!

Jy het soveel drome gehad, maar te min tyd om dit te bewaarheid. Onthou jou woorde, gedurende die laaste kwartaal: "My planne is so groot, ek wil my ouers en onderwysers trots maak."

En nou hang HTS se vlag vir jou...
Fotograaf: Buhle Sigcawu
Tekkie Tonic groet jou met jou leuse:

A miracle is just a mere sign of what is possible.

Therefore nothing is impossible.
16 Desember 2017