Friday 1 December 2017

Kersvader besoek Ntataise Day Care Centre!

Leerders van die HTS het Vrydag die kleuters van Ntataise Day Care Centre verras met 'n heerlike kersfeespartytjie. Kersvader en sy elf was ook daar om kleur aan die dag te verleen. Eetgoed te kus en te keur en twee versierde kersfeesbome het o.a. deel van die verrassing uitgemaak. Op hulle beurt het die kleuters 'n groot verskeidenheid liedjies gesing en heel laaste Ps. 23 as 'n gebed opgesê.

Op die foto is die senior klassie wat hierdie jaar "gradeer" en volgende jaar die eerste tree na die "groot skool" gee. Saam met hulle is me. L. Ramabenyane (onderwyseres), M A Lenka (skoolhoof), Shaun Mmutsi (graad 10 ), Kgosang Moeketsi (gr. 10 - die elf), Mothanga Maswangane (gr. 8 en kersvader vir die dag), Kanya Gojo (gr. 11 en voorsitter van die VRL), mnr. Fanie Pretorius (onderwyser) en me.Glenda Constance (onderwyseres HTS).