Wednesday, 31 July 2019
Twee top 10-leerders ruil wenke uit ...
Die graad 12 se nr. 1 wens gr. 8 se nr. 1 geluk en ook baie sterkte toe vir die volgende vier jaar. Rantsholo reken dat as 'n mens in graad 8 die toppresteerder is, dan kan jy dit ook in graad 12 regkry. Tekkie Tonic gaan later met die toppresteerders onderhoude voer om te hoor of hulle enige geheime studiewenke het. Hou gerus hierdie blad dop.
Op die foto is Rantsholo Malefane en Nhlanhla Radebe. Op die onderste foto het Kamohelo Hoshoko gou 'n draai by die twee gemaak om die gemiddelde IK te laat styg. Hy is graad 11 se nr. 1.
Hou gerus hierdie drie hoë bome dop.
Op die foto is Rantsholo Malefane en Nhlanhla Radebe. Op die onderste foto het Kamohelo Hoshoko gou 'n draai by die twee gemaak om die gemiddelde IK te laat styg. Hy is graad 11 se nr. 1.
Hou gerus hierdie drie hoë bome dop.
Tuesday, 30 July 2019
SA Top 100 Young Ambassador ...
Monday, 29 July 2019
Sunday, 28 July 2019
JCC se algemene vergadering
Winde van verandering
Die winde
van verandering
waai
heeltyd deur die werkplek en die lewe:
Stelsels,
strukture, mense, produkte, dienste
is
vloeibaar, plooibaar en veranderbaar.
Vader van
lewe,
gee aan ons
die moed en energie
om met
teleskopiese lense op die toekoms
ons
stuurwiel in die regte rigting te draai.
Dankie dat
U by ons is
op al die
uitdagende reise van ons lewe.
Dankie dat
U ons Kompas is
deur al die
verskillende strome
en in al
die ongemaklike storms;
dat U dáár
is om ons
in die
regte windrigting te stuur
en ons keer
op keer
veilig aan
wal te bring.
Dankie dat
U die standhoudende
Middelpunt
bly.
[Dankie, mev. Marguerite Pienaar vir die pragtige gebed wat jy met ons deel.]
Saturday, 27 July 2019
Nr. 1 in graad 8 ...
Vrydag, tydens die vierkant, is die top 10 van elke graad gelees. Kinderlik opgewonde het Nhlanhla trane in sy oë gekry en het hy van oor tot oor geglimlag - die vreugde van 'n wenner! Hier staan hy met Lerato, wêreldbokskampioen, se belt in sy hand. Nhlanhla voel soos 'n wêreldkampioen met sy rapport.
Foto: Mev. A Harding
Foto: Mev. A Harding
Friday, 26 July 2019
Poolkompetisie op "internasionale vlak"!
Duidelik is hierdie nie amateurs nie. Dankie mev. Karen Herbst vir die foto's. Hierdie foto's gaan in die annale van die skool gebêre word!
Dankie mnr. Johann Herbst wat "internasionale" grense verskuif het om hierdie spanbou te reël. Die entoesiasme waarmee jy hierdie taak aangepak het, gaan nie ongesiens verby nie.
Dankie mnr. Johann Herbst wat "internasionale" grense verskuif het om hierdie spanbou te reël. Die entoesiasme waarmee jy hierdie taak aangepak het, gaan nie ongesiens verby nie.
Thursday, 25 July 2019
'n Debatteerder in murg en been ...
Alex Manise was deel van die 15 debatleerders wat Suid-Afrika in Tsjeggië gaan verteenwoordig het. Hy was lid van die "Blou span." 'n Ongelooflike ervaring wat geld nie kan koop nie. Die wenners van vanjaar se internasionale kompetisie is Noord-Korea.
Wenk: Begin nou al oefen en spaar vir volgende jaar. Ons kan nie met 'n tweede beste tevrede wees nie. Viva die woordkuns!!
Wenk: Begin nou al oefen en spaar vir volgende jaar. Ons kan nie met 'n tweede beste tevrede wees nie. Viva die woordkuns!!
Wednesday, 24 July 2019
Tuesday, 23 July 2019
Monday, 22 July 2019
Sunday, 21 July 2019
Saturday, 20 July 2019
Friday, 19 July 2019
Thursday, 18 July 2019
Wednesday, 17 July 2019
Tuesday, 16 July 2019
Monday, 15 July 2019
Sunday, 14 July 2019
Saturday, 13 July 2019
Friday, 12 July 2019
Thursday, 11 July 2019
Wednesday, 10 July 2019
Die realiteite skop nou in ...
Alex en van sy spanlede op die lughawe ... Die opwinding, afwagting en werklikheid het mekaar vandag ontmoet!
Veilige vlug!
Veilige vlug!
Subscribe to:
Posts (Atom)