Sunday 7 July 2019

Gradeplegtigheid van Andile Tshibiyane in China


'n Eerste in die geskiedenis van HTS Welkom. 'n Leerder wat 'n graad in ingenieurswese in China verwerf. Daar is ander wat grade in ander lande verwerf het, maar Andile het dit in China reggekry. Hierdie was 'n ongelooflike pad van aanpassing, harde werk, maar veral van groei - emosioneel en intellektueel.

Hierdie besondere geleentheid is moontlik gemaak deur sy matriekpunte en sy werketiek. Na Andile in 2014 by Nanchang Universiteit aangekom het, was die eerste prioriteit om Mandaryns aan te leer. Vir 'n jaar het hy dit en verwante vakke studeer en vandag is hy dié taal ten volle magtig - praat, lees en skryf. 

Hy het sy graad in elektroniese ingenieurswese gekry en vakonderskeidings deur sy studiejare was nooit uitgesluit nie.

Verlede jaar het Andile met die matrieks tydens hulle ontbytfunksie kom praat en vir hulle vertel wat dit is om oorsee te studeer, maar ook wat dit van jou as student verg om 'n sukses van jou studies te maak.

Baie baie geluk, Andile. Ons as 'n skool is trots op jou. Dankie dat jy nog elke jaar die skool besoek en die leerders motiveer. Mag jou toekoms Tekkie-kleurig wees.

[Ns. Kyk die hoeveelheid studente wat tydens 'n gradeplegtigheid hulle grade ontvang - 'n saal is te klein vir so 'n byeenkoms. Andile saam met twee ander Vrystaters wat ook hulle grade gekry het,]

Foto's: Isaac Akinwotu