Saturday 6 July 2019

'n Droom wat waar geword het ...


Alex Manise en Lesala Khetheng
Alex Manise het sy 3 weke Junie-vakansie kreatief gebruik om op elke denkbare manier geld te  genereer vir sy oorsese deelname. Teen die tyd dat die skool gesluit het vir die tweede kwartaal was hy maar op die halfpadmerk van sy vereiste R24 000. Modeparades, gebak, verkope en baie ander dinge het skielik deel van sy woordeskat geword en danksy sy familie en sy kerkvriende se onvermoeide hulp gedurende dié vakansie, kon hy sy teiken bereik.

En nou lê al die voorbereiding voor. Hulle gaan Saterdag, 6 Julie, na Johannesburg om voor te berei en te oefen voordat hulle eerskomende Woensdag om 19:10 vertrek.

Sy mentor en afrigter van sy graad 8-jaar af is Lesala Khetheng. 'n Mentor wat so trots kan wees op sy leerders die afgelope 6 jaar. Hulle presteer die wêreld vol.