Tuesday 26 November 2019

Die eerste skoolhoof op sy laaste dag ...

Shaun Mmutsi het 'n baie spesiale band met sy preprimêre skoolhoof. Hy was die eerste leerder wat by dié skool ingeskryf is en deur die loop van skoolloopbaan het hy altyd sy eerste skoolhoof gaan groet en haar op hoogte gehou van sy prestasies. En die dag wat hy sy laaste matriekvak geskryf het (Engels Huistaal vraestel 3) het hy vir mev. Malifelile Lenka gaan groet en vir haar bedank vir die rol wat sy in sy lewe gespeel het.

Kritiek in die lewe is altyd volop, maar die dankies is heelwat minder. Wat 'n besondere verhaal van 'n jongmens wat kan terugloop op sy spoor, maar wat ook vir almal dankie-sê vir hulle bydrae op sy lewenspad.

Shaun, Tekkie Tonic se redaksie is baie trots op jou en wens jou die allerbeste toe vir jou toekoms.