Wednesday 11 December 2019

Alex is nie op sy mond geval nie ...

Franchesca May van St Dominic en Alex - hulle
twee was in dieselfde debatspan in Europa en albei
is ook deel van Matjhabeng JCC 2019/2020 se
uitvoerende bestuur.
Alex Manise en al die ander debatteerders wat in Europa en in Asië aan die internasionale toernooie deelgeneem het, is na die SA-debatkompetisie se prysuitdeling by die Universiteit van Pretoria genooi.

Hier het hulle hul sertifikate en medaljes  vir hulle internasionale deelname vir 2019 ontvang. Hou gerus hierdie twee dop ... as junior burgemeester en - onderburgemeester kan dié twee al pratende die raad oortuig om die spreekwoordelike ekstra myl met 'n glimlag te loop. Mag 2020 vir julle 'n blomjaar wees. Viva JCC!