Friday 24 January 2020

2020 se graad 12A's ...

Die klas wat tydens die kleuresport aan die meeste items deelgeneem het, kry 'n dag af.

En dit is net hier waar die graad 12A's se onderhandelingsvermoë inskop. Lag-lag wen hulle hierdie afdag. Wat hulle egter met hulle afdag gedoen het, wys dat hierdie manne se harte op die regte plek sit. Hulle het blomme en 'n geskenkie vir hulle klasonderwyseres gaan koop en haar in die hospitaal besoek.

Mev. Karin Herbst kan nie anders as om spoedig te herstel en terug te kom skool toe nie, want met só 'n registerklas sal daar hulp om elke hoek en draai wees. Tekkie-sterkte en 'n Tekkie-dankie aan elkeen.