Tuesday 14 January 2020

Ware kleure op 'n blou Maandag ...

WG Nel en Sheldon de Beer
Almal hou daarvan om te werk waar hulle gesien kan word of om die sogenaamde "lekker werk" te doen.

Om egter 'n deel van jou vakansie op te offer, die "slegte" werk te doen en dit met entoesiasme te doen, is 'n perd van 'n ander kleur. Dié twee karperde, Sheldon de Beer en WG Nel, het hulle vroeg Maandagoggend by die skool aangemeld, die enigste VRL-lede, om bokse en bokse boeke van die stoor na die onderskeie personeellede se klasse te karwei. Verder moes hulle dit 19 trappe afdra, voordat hulle wiele onder die bokse kon sit. Voorwaar nie 'n sagte werkie nie ... Die enigste voordeel is dat hulle binne twee dae al die vakansievetjies kon wegwerk!! 

Dankie, Manne - julle gesindheid, werkywer en entoesiasme word raakgesien en waardeer.