Saturday 29 August 2020

'n Toekoms om na uit te sien ...

Almal is altyd bekommerd of opgewonde oor hulle toekoms, maar kan almal altyd seker oor hulle toekoms wees?

'n Toekoms is gewoonlik iets om na uit te sien, want dit kan 'n mens hoop gee. Dit kan 'n mens 'n doel gee. Op watter manier kan dit vir my 'n doel gee? Hoe kan dit my toekoms beïnvloed?

Ons moet na ons passie kyk en dan ons mikpunte maak.

'n Mens se lewe is soos huisbou. Deur al die jare ruim jy op en maak jy boumateriaal bymekaar ...
Sinkplate, bakstene, deure ... om jou toekomshuis te bou. Al die dinge wat ons nader aan ons toekoms bring, is boumateriaal vir ons toekoms.

'n Toekoms om na uit te sien, is een waar 'n mens gelukkig en tevrede is. Dit is 'n toekoms waar jy die beste van jouself gebruik het, om te bou. Ek wil graag suksesvol wees, maar die deur van my toekoms is Bitter Lemon-groen en die sleutel is in my sak, omdat ek nou in matriek is.

Ek wil die beste van my toekoms maak, want dit is vir my belangrik. Ek het regtig 'n toekoms om na uit te sien. Ek wil eendag trots voel op my besluite wat ek vir my toekoms gemaak het. Ek fokus nou op die fondasie van my toekoms, dan sal ek my sorge en probleme in die toekoms makliker kan hanteer. In my toekoms is daar 'n gelukkige familie vir wie ek kan sorg. Ek sal vir my kinders leer hoe om vir hulleself 'n toekoms te beplan en te bou ... een waarna hulle kan uitsien.  

Ons het almal 'n toekoms waaroor ons droom ... hierdie is 'n stukkie van myne, maar is ons almal seker van ons toekoms?

[Dankie, Jarred van der Westhuizen, dat jy hierdie met ons Tekkie-matrieks deel.]