Wednesday 30 December 2020

Teugblik 2010 - Kamohelo Mangoejane

Kamohelo op die skouers
van sy klasmaats 2010
Kamohelo Mangoejane het menslike bewegingskunde (MBW) aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Aan die einde van sy tweede jaar is hy na Western Kentucky Universiteit. Hy het 'n kontrak van 5 jaar met hulle gesluit, o.a. om  sportbestuur te studeer. Die hoofrede waarom hulle hom 'n beurs gegee het, was omdat hy so 'n skitterende atleet was. Sy afrigter was die bekende Ans Botha van Bloemfontein - dieselfde afrigter van die wêreldbekende Wayde van Niekerk. (Gaan lees meer hier oor die bekende afrigter.)

Op skool het Mangoejane aan die 400H en 110H deelgeneem. In 2010 stel hy 'n stadionrekord in Bloemfontein op vir seuns O/19.

Hy was 'n inwoner van JBM-koshuis by UOVS. Hy was gereeld op die sportkanale van TV te sien, waar hierdie hekkiesatleet die wêreld aan die brand gehardloop het. Hy was sommer vroeg-vroeg deel van die senior VS-atletiekspan en het in 2012 sy VS-kleure verwerf.

Die atleet van Fischerstraat 31, Dagbreek, Welkom is duisende kilometers van sy geliefdes in 'n ongluk in Amerika oorlede. Ons by HTS onthou hom as 'n stil, baie gedissiplineerde, spontane en hulpvaardige leerder, wat nie geskroom het om te help, waar hulp nodig was nie.