Sunday 3 January 2021

Dankie vir jou bydrae - dit word waardeer

'n Baie groot dankie aan elke leser wat betrokke gelees en gereageer het. 

Dankie aan elkeen wat so gereeld gedurende 2020 berigte en foto's gestuur het om hierdie blog van HTS aan die gang te hou. 2020 was nie 'n maklike jaar nie en baie leerders het hulle inligting, inspirasie en ekstra leermateriaal juis hier gekry.

'n Spesiale woord van dankie aan Alex Manise, 'n graad 12-leerder wat so gereeld die pen opgeneem het en bydraes deur die jaar gelewer het, asook een van HTS se assistente, Shaun Mmutsi.

2021 begin in 'n sekere sin waar 2020 opgehou het, daarom vra ons dat elkeen wat betrokke was, steeds sal voortgaan om inligting te stuur. Ons sien uit daarna.