Sunday 29 August 2021

Die Tekkie-woordspan

Hier by HTS Welkom poog ons om verantwoordelike en selfstandige Tekkies die toekoms in te stuur. 

Mense wat hulle woord gestand kan doen en 'n positiewe verskil in die samelewing kan maak.

Dankie aan hierdie entoesiastiese leerders wat bereid was om hulle "40 day-ete" en motiveringsprogram op te offer om die Afrikaanse vakadviseur te woord te staan. Julle het julle goed van julle taak gekwyt.

Vuyo Mangayi, Tsheo Malebo en Silas Tseletsele. (Boonste foto) 

Thanda Sibiya, Tshiamo Noe en Neo Lesoetsa. (Tweede foto)

Om Neo Lesoetsa aan te haal: "Ons het gekook!"

Thanda Sibiya, Neo Lesoetsa,
Mohlalefi Mbobo, Edwin Moshodi,
Nelson Mosesi, Motjheku Hlapane
en Ashaan Stenger.