Sunday 8 August 2021

Vrouedag 2021

Liewe Vroue van Suid-Afrika

Ons weet dat vroue die belangrikste wese in die wêreld is en as dit nie vir julle was nie, sou ons nie vandag hier gewees het nie. Baie van die mans besef nie hoe belangrik vroue is nie. Vroue bring vrede. Hulle is die eintlike draers van vrede in die wêreld. 

Vroue bring nie net kinders in die wêreld nie, hulle gee om vir hulle kinders. Baie keer is die enkelouer, die ma, wat emosioneel sterk moet wees om haar kinders alleen groot te maak. Sy is die één wat elke aand vir hulle bid.

Dankie aan al die ma's vir julle liefde. Geniet hierdie dag. Julle verdien dit. 

Mohlalefi Mbobo