Friday 18 March 2022

RCL: 'n Geskenk aan die skool ...

Baie baie jare terug, in die vroeg 1980's het Johann Vandenberg, 'n wiskunde-onderwyser, die skool se eerste mikrogolfoond vir die skool geskenk. Hy het aan een of ander kompetisie deelgeneem en het 'n oond gewen. Hy het egter reeds 'n mikrogolfoond gehad en besluit toe om hierdie een vir die skool te skenk. En hierdie kompetisie-mikrogolf het vir meer as 30 jaar diens gedoen. Maar op 'n dag skop die ouderdomspyne net in en besluit selfs 'n oond dat genoeg nou genoeg is. Die opvolger  het nie dieselfde deursettingsvermoë gehad nie en het sommer gou die handdoek ingegooi. 2022 se VRL het dit goed gedink om met die geld wat hulle tydens Valentynsdag ingesamel het, 'n mikrogolf te koop. Hier staan mnre. Henk van Vuuren en Ishaaq Dajee met die nuwe werkesel wat 'n groot paar skoene moet volstaan. Dankie, mnr. Johan Herbst, Karabo Tsotsotso (VRL-voorsitter), Hendrew Rantsie (o/voorsitter) en die res van die VRL vir hierdie wonderlike gebaar.