Die redaksie het koppe bymekaar gesit om 'n unieke woord te kry vir al die Tekkie-medewerkers wat so innoverend aan spreuke dink om die Tekkies te motiveer. Dit is interessant hoeveel van die leerders gebruik spreuke op 'n daaglikse basis om hulle te motiveer, veral as die lewe hulle druk.
Matriek + motiveerder = matrikuveerder/matriveerder??
Tekkie + motiveerder = Tekkieveerder???
Matriek + motiveerder = matriekmotiveerder??
Van watter woord hou julle die meeste? Laat weet gerus wat julle van die woorde dink. Alle Tekkieveerders/matriekmotiveerders stuur gerus julle bydraes vir Tekkie Tonic.