Saturday 9 July 2022

Sinne: Uit gr. 12-opstelle 2020 - wyse woorde

'n Matrikulant moet elke dag studeer, want hy speel met sy eie toekoms.
Katleho Monnelwa 2020

Harde werk impliseer slim werk
Ayanda Mqambeni 2020

Studeer hard om die prys van sukses te kry.
Nkosana Msibi 2020

Harde werk en sukses is 'n paartjie
Nkosana Msibi 2020

Ouderdom maak nie saak nie.
Wat saak maak is wat jy in die lewe doen
Neo Molelegoane 2020

Elke persoon is verantwoordelik vir sy eie lewenswater.
Neo Molelegoane 2020

Ouers se doel in die lewe is om hulle kinders te leer om selfstandig te wees.
Neo Molelegoane 2020

Armoede leer jou om harder te werk.
Neo Molelegoane 2020

Ouers se opvoedingsaksies red 'n kind later in sy lewe.
Neo Molelegoane 2020

My onderwysers is my seën, my weldoeners en my rigtingwysers op my  lewenspad.
Luyanda Lamani 2020

Alle foute lei tot probleme.
Bonga Mbula 2020

Jou toekoms is in jou hande.
Shaun Mokoena 2020

Moenie jou kanse deur jou vingers laat glip nie.
Tumelo Mofokeng 2020

My mentor se wyse woorde is in my hart en gedagtes.
Sabata Matakalatse 2020

Die lewe is soos 'n wiskundeprobleem soos jy vir x oplos, so moet jy jou lewensprobleme oplos.
Sabata Matakalatse 2020

Covid-19 het sy slagtande in my matriekjaar geslaan.
Bongani Mkhwanazi 2020

As kennis praat, luister wysheid.
Kamohelo Masitsa 2020

Die lewe het baie uitdagings, maar wat nie doodmaak nie, maak sterk.
Kamohelo Masitsa 2020

Ek gaan nie opgee nie.
Ek wil nie opgee nie.
Ek het 'n droom ...
Ek sal baklei vir my droom,
want ek is 'n wenner.
Kamohelo Masitsa 2020

Die skool is my tweede huis, want ek weet ek het 'n pa in my onderwysers.
Mothibi Molete 2020

Skool is die een ding wat jou lewe kan verander.
Katleho Malitjane  2020

As jy bloed skenk, gee jy iemand anders 'n tweede kans.
Themba Msimanga
2020

Ek is die kaptein van my toekoms met God se hulp.
Nohako 2020

My broer se foute het my lewenswyse verbeter.
Ayanda Mqambeni 2020

My pa se lewensukses vorm die rots van my toekomsdrome.
Nkosana Msibi 2020

Harde werk maak die deur van sukses oop.
Nkosana Msibi 2020

As jy dink jy is belangrik, dan skiet jy jouself in die voet.
Neo Ntsane 2020

Blinde mense wat in luuksheid woon, sien nie hulle familie in makuku's raak nie.
Teboho Soole 2020

Ons bly in sinkplate, my suster leef in luuksheid, sonder 'n omgeehart vir haar ma.
Teboho Soole 2020

Ek moet my fokus klas toe bring, en nie 'n klomp verskonings nie.
Neo Mohlomi 2020

Respek kom uit jou hart.
Mojalefa Ntebe 2020

My ouma het vir my gesê: "Jy kan nie respek by winkels koop nie."
Mojalefa Ntebe 2020

Onderwysers speel 'n belangrike rol in graad 12-leerders se lewe en toekoms.
Kananelo Moleli 2020

Ystereienskappe kan meer deure en geleenthede vir ons oopmaak.
Sithembiso Sulo 2020

Daar is nie tyd om te speel nie. Jou toekoms is hier.
Molahlehi Mokhati 2020

'n Pa moet die "superman" van sy kind wees.
Georgia Mothapane 2020

'n Mens moenie 'n kind in hierdie koue wêreld hê en dan daardie kind buite in die koue los nie.
Georgia Mothapane 2020

Ons heelmaker sal altyd in ons hart wees.
Motsau Motsau 2020

Dit is nooit te laat om aan jou toekoms te bou nie.
Vuyo Handa 2020

Jou toekoms word net deur jou gebou.
Vuyo Handa 2020

Daar was baie storms op my pad, maar my onderwysers was my rots, die kaptein van my skooljare.
Vuyo Handa 2020

As ek probleme gehad het, het my onderwysers my altyd gehelp. Hulle was my weldoeners.
Mohapi 2020

My pa is my mentor en ook die kaptein van my lewe.
Isley Os 2020

Jou situasie bepaal nie jou toekoms nie.
Bonga Magwentshu 2020

Jou werk bepaal jou sukses.
Bonga Magwentshu 2020

Jy moet vorentoe werk. Moenie dat jou verlede jou toekoms beïnvloed nie.
Bonga Magwentshu 2020

[Klik HIER en HIER vir nog voorbeelde.]