Sunday 21 August 2022

'n Tegniese skool en tegniese vakke is jou paspoort na toekomssukses!

Tegniese en tegnologiese beroepe bly in aanvraag en die aanvraag verhoog daagliks. Oorsese aanbiedinge groei en is werklik 'n wortel wat net 'n tegniese leerder kan benut. 

Jy het die regte skool gekies. Ontwikkel jou vaardighede en sorg dat jou punte aan die vereistes voldoen. Hierdie gaan jou grootste wapen in die werklose SA wees. As jy nie werk kan kry in die arbeidsmark nie, skep jy sommer jou eie werk en gee ook werk vir 'n Tekkie of twee.

Word deel van die wenspan in 'n wenwêreld!








'n Tekkie-dankie aan mnr. Sam Minne wat gesorg het dat 'n Lejweleputswa tegniese kompetisie, SYRAC se skaakkampioenskappe vir laerskole, vergaderings (Vrydag en Saterdag) seepglad verloop het, met stoele en tafels wat op 'n drafstappie verskuif moes word om aan almal se behoeftes te voldoen.