Sunday 11 June 2023

Spelling: Week 24



Het jy te doen met jong Afrikaansleerders of onervare teksredakteurs? Dalk help dit om die volgende skryfwyses pertinent onder hulle aandag te bring:
wat ook al (NIE wat ookal)
op pad (NIE oppad)
huis toe (NIE huistoe)
voor die hand liggend (NIE voor-die-hand-liggend)
glad nie (NIE gladnie)
nou al (NIE noual)
al weer (NIE alweer)
al twee (NIE altwee)
in ag genome (NIE inaggenome)
in werklikheid (NIE inwerklikheid)
in der waarheid OF inderwaarheid
net so wel; netso wel OF netsowel (NIE net sowel)

Bron: AWS. Kyk veral 12.22, 14.52 en 14.54
Klik HIER vir nog inligting