Monday 19 June 2023

Statistiekterugvoering

Kom ontdek al die heerlike artikels op Tekkie Tonic. Daar is 3195 artikels en 97 pages om van te kies. Die pages is aan die linkerkant. Aan pages se onderkant is daar trefwoorde wat jou direk na die artikel/artikels vat.

Bogenoemde statistiek is slegs die getalle vir die afgelope maand. Die page wat 'n groot gunsteling onder die lesers is, is Spelling 2023. Dis geen wonder nie, want die afgelope ruk gons dit in die media omdat SA-kinders nie kan lees of spel nie. Klik HIER om 'n vinnige draai by Spelling 2023 te maak. 
'n Ander interessante besoekpunt is die WednesdayWisdom. Klik HIER vir 'n bietjie wysheid.

Soos iemand met 'n hartprobleem, is Tekkie Tonic
se hartklop baie onreëlmatig.

Party dae is die besoekers baie meer as ander dae.

Meimaand was maar 'n flouerige maand as 'n mens dit met Juniemaand vergelyk. Juniemaand was daar meer e-besoekers per dag as in Mei. Tot en met vandag het Tekkie Tonic 21 117 besoeke ontvang.

'n GROOT dankie vir elke getroue leser, die 2023-junior joernaliste, elkeen wat só gereeld artikels, foto's en idees instuur. Dankie vir die gereelde terugvoering - dit is nodig sodat ons in voeling met ons e-kuiergaste kan bly. Vandag het daar weer 'n 1000+ mense kom inloer en sê ons 148 000 keer dankie! Indien enige een 'n staaltjie, storie of besondere foto het, kan hulle dit gerus stuur aan aldawelman@gmail.com