Tuesday 22 August 2023

Dink hieroor ...

Northland kollege se skoolhoof, John Tapene, het die volgende woorde aangehaal uit 'n regter, wat gereeld met die jeug werk, se toespraak: "Ons hoor altyd die vrae van tieners: Wat kan ons doen?
Waarheen kan ons gaan?

My antwoord is: Gaan huis toe, sny die gras, was die vensters, was die motor, leer om te kook, 'n vlot te bou, 'n werk te kry. Besoek die siekes, bestudeer jou lesse en nadat jy klaar is, lees 'n boek.

Jou dorp skuld jou nie ontspanningsgeriewe nie en jou ouers skuld jou nie pret nie.

Die wêreld skuld jou niks nie. Dis jy wat die wêreld iets skuld.

Jy skuld dit jou tyd, jou energie en talent sodat niemand weer in 'n oorlog betrokke sal wees of eensaam en siek nie.

Met ander woorde, word groot, hou op om 'n tjankbalie te wees. Kom uit jou droomwêreld en ontwikkel 'n ruggraat, nie 'n wensbeen nie.

Begin optree soos 'n verantwoordelike persoon. Jy is belangrik en jy word benodig.

Dis te laat om rond te sit en te wag vir iemand om eendag iets te doen. Eendag is NOU en daardie iemand is JY."

[Geleen.]