Friday 27 October 2023

Matrieks: Werk en wen


Dis vir sommige van julle matrieks hartseer om afskeid te neem van die bekende, maar dis ook die eerste tree in die grootmenswêreld. Ons wil vir almal van julle sterkte toewens en mag net die beste julle pad kruis.

Mag God julle almal die krag gee wat julle nodig het vir die eksamen en vir die pad wat voorlê in die onbekende toekoms. Daar rus 'n groot verantwoordelikheid op julle skouers om 2022 se 92%-slaagsyfer te verbeter ... Onthou, julle het 'n 100%-slaagsyfer belowe.  

Begin dadelik met die voorbereiding vir julle eindeksamen. "Werk en Wen" en die wêreld lê aan jul voete.