Friday 24 May 2024

Flashback Friday: 10-jaar reünie vir die 2001-matrieks

Mnre. John Anderson, Henry Welman, mev. Alda Welman,
Riaan Rademeyer, mev. Christa Grobbelaar, mnr. Willem Grobbelaar
en mev. Malinda Anderson  
Hoofseun aan die woord.
Reünie van die matrieks van 2001. Van Wyk Fischer was die hoofseun (VRL-voorsitter) en dit was ook hy wat die heerlike reünie gereël het. Hy het Stephan Pienaar, 2002 se hoofseun, genooi om deel te wees van die reünie, aangesien hy 2012 se reünie sou reël. Mev. Hester Bothma het 'n bederfete voorgesit, terwyl haar man, Bonnie, gesorg het vir die braai.  
Van Wyk hoef nie ver na 'n fotograaf te gesoek het
nie, die fotograafpaar is familie. Sy broer Bernard 
en skoonsus van Pink Flower Productions
het dié takie met 'n glimlag gedoen.

Gaan besoek gerus Bernard Fischer se Pink Flower Productions HIER. Hierdie kreatiewe paar het al meer as 750 troues gedoen.