Tuesday, 22 July 2025
Monday, 21 July 2025
LOL: Blou Maandag-humor ...
* 'n Skoolinspekteur het besoek aan 'n skool se godsdiensklas gebring. Hy vra toe vir Jannie wie vir al die skade aan Jerigo se mure verantwoordelik was. Jannie sê hy weet nie. En nie een kind in die klas kon die vraag beantwoord nie. Ook nie die onderwyser nie.
Toe die inspekteur by die skoolhoof kom, vertel hy hom dat niemand weet wie vir die skade verantwoordelik was nie en dat dit sekerlik nie 'n aanvaarbare toestand is nie. Waarop die hoof antwoord: "Moenie so bekommerd wees nie. Kry net vir my drie kwotasies en ek sal sorg dat die mure herstel word."
* n Man wat suksesvol om 'n senior pos by 'n klein onderneming aansoek gedoen het, hoor van sy nuwe baas dat sy salaris 'n miljoen rand per jaar sal wees.
"Hoe kan so 'n klein onderneming bekostig om my soveel te betaal?" wil hy weet.
"Dit is jou eerste probleem," antwoord die werkgewer.
* Die dosent in die optometrie wou die boodskap aan sy studente tuisbring dat jy in die dae wanneer dit minder goed gaan met die ekonomie,maar moet sorg dat jy elke moontlike sent uit die kliënt kry:
As jy byvoorbeeld 'n bril verkoop, sê jy aan die kliënt: Dit sal R2000 kos."
Dan bly jy 'n omblik stil. Kyk of hy frons.
As hy nie frons nie, sê jy: "Vir die raam."
Dan wag jy weer. As hy geen reaksie toon nie, sê: "Die lense sal 'n bykomende R2000 wees."
Wag weer 'n oomblik. As hy nog steeds nie 'n oog trek nie, voeg jy by: "Elk."
Thursday, 17 July 2025
Wednesday, 16 July 2025
Bursaries 2026: IITPSA Bursary Programme for 2026
The Institute of Information Technology (IITPSA) invites suitably qualified applicants to apply for their Bursary Programme for 2026.
The closing date for applications is the 30th September 2025!!
Monday, 14 July 2025
LOL: Blou Maandag-humor ...
* Drie mans stry oor die oudste beroep.
Die snydokter sê, volgens die Bybel het God vir Eva gemaak deur 'n ribbebeen van Adam te gebruik. Dit maak chirurgie die oudste beroep.
"Wag 'n bietjie," sê die ingenieur. "Die aarde is binne ses dae uit chaos geskep. Net 'n ingenieur kan dit doen."
"Ja," sê die politikus, "en wie dink julle het die chaos veroorsaak?"
* 'n Man is onlangs in die hof gewaarsku dat hy nie hoorsê-getuienis moet lewer nie.
Toe die landdros hom vra wanneer hy gebore is, weier hy om te antwoord en swyg soos die graf.
Nadat groot druk om te praat op hom geplaas is, sê die getuie: "Ek kan u mos nie antwoord nie ... ek weet net van hoorsê wanneer ek gebore is."
* 'n Kannibaal open 'n restaurant. Een van sy vriende besoek hom en kyk deur die spyskaart. Tot sy verbasing vind hy 'n groot wisseling in sommige geregte se pryse.
'n Argitek was byvoorbeeld beskikbaar vir net R150, 'n ingenieur vir R160, aandelemakelaars is byna verniet weggegee, maar politici se prys was R520 stuk.
Hy vra toe hoekom die politici so duur is.
Die restauranteienaar antwoord: "Het jy al ooit probeer om een van hulle skoon te kry?"
Friday, 11 July 2025
Terugblik Vrydag: Skryfsels en aanhalings uit opstelle van leerders
Hier is 'n paar aanhalings uit die September-opstelle van graad 12C, 2017. Geniet dit en onthou hoe goed julle Afrikaanse opstelle was.
Ek sal suksesvol wees op die pad wat ek gekies het.
(Amogelang Tlali - 14 September 2017
Op jou lewenspad loop jy alleen ... met God.
(Amogelang Tlali - 14 September 2017)
Die pad wat ons loop, loop ons vir God.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)
My grootouers se ou harte maak ons jonges se harte warm.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)
Ek wens God wil ons grootouers langer in die lewe hou.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)
Hoe meer jy alles geniet wat jy doen, hoe suksesvoller is jy.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)
Alles in die lewe begin by ons denke.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)
Jou keuse in die lewe moet 'n glimlag op jou gesig sit.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)
Ek fokus om myself te verbeter.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)
As jy lag, dink jy nie aan al die hartseer dinge in jou lewe nie.
(Chabeli Molelekoa - 14 September 2017)
Ek wens ek kan ook 'n rolmodel vir kinders wees ...
(Kamohelo Sekharume - 14 September 2017)
Jou lewe lê in jou hande en as jy daarmee speel, gaan jy alleen huil.
(Mohau Moleko - 14 September 2017)
Leef elke dag asof dit jou laaste dag op hierdie aarde is.
(Beshaun Ogilvie - 14 September 2017)
Ek sal altyd my grootouers se lesse onthou.
(Mpho Phakoe - 14 September 2017)
Leerders vandag en leier môre. Jy het die sleutel in jou hande.
(Mpho Phakoe - 14 September 2017)
Ouma, jy het my geleer bid ...
(Katleho Chapi - 14 September 2017)
My oupa en ouma help my elke tree van my pad ...
(Katleho Chapi - 14 September 2017)
Ek wil my grootouers trots maak, want ek is hulle spieël.
(Katleho Chapi - 14 September 2017)
Hardloop om 'n beter prys uit die lewe te kry.
(Lehlohonolo Ramasia - 14 September 2017)
My ma is die wêreld se beste ma en ek is só trots op haar.
(Teboho Beleng - 14 September 2017)
My ouma is my ster in my lewe.
(Ikageng Mathibe gr. 11 - 14 September 2017)
Die lewe is vol goeie en slegte dinge ... jy kan niks doen nie,
jy moet jou lewe leef.
(Ikageng Mathibe gr. 11 - 14 September 2017)
Thursday, 10 July 2025
Think about it: You can be successful ...
Do your best when no one is looking. If you do that, then you can be successful in anything that you put your mind to.
[Bob Cousy]
Wednesday, 9 July 2025
Bursaries 2026: Standard Bank Group Bursary for 2026
Standard Bank Group Bursary offers you financial support to help you study, gain an undergraduate or postgraduate qualification, and make your ambitions a reality – whatever they may be.
Tuesday, 8 July 2025
ELEVEN POWERFUL LESSONS TO LEARN FROM A HEN
1. She first lays enough eggs before sitting on them.
GOOD PLANNING
2. When she starts sitting on her eggs, she minimizes movements.
DISCIPLINE
3. She physically loses weight while sitting on her eggs due to decreased feeding.
SACRIFICE AND SELF DENIAL
4. She can sit on eggs for another hen.
5. She sits on her eggs for twenty one (21) days, patiently waiting, even if they do not hatch, she will lay eggs again.
FAITH, HOPE AND NOT DISCOURAGED
6. She detects unfertilized eggs and rolls them out.
SENSITIVE AND DISCERNING
7. She abandons the rotten eggs and starts caring for the hatched chicks even if it is only one.
WISDOM, CONSCIOUSNESS, AND REALISTIC
8. No one touches her chicks.
PROTECTIVE AND LOVE
9. She gathers all her chicks together.
UNITY OF PURPOSE
10. She cannot abandon her chicks before they mature.
MENTORSHIP
11. She is always at the front of her chicks.
LEADERSHIP
GOOD PLANNING
2. When she starts sitting on her eggs, she minimizes movements.
DISCIPLINE
3. She physically loses weight while sitting on her eggs due to decreased feeding.
SACRIFICE AND SELF DENIAL
4. She can sit on eggs for another hen.
INDISCRIMINATION AND GENEROSITY
5. She sits on her eggs for twenty one (21) days, patiently waiting, even if they do not hatch, she will lay eggs again.
FAITH, HOPE AND NOT DISCOURAGED
6. She detects unfertilized eggs and rolls them out.
SENSITIVE AND DISCERNING
7. She abandons the rotten eggs and starts caring for the hatched chicks even if it is only one.
WISDOM, CONSCIOUSNESS, AND REALISTIC
8. No one touches her chicks.
PROTECTIVE AND LOVE
9. She gathers all her chicks together.
UNITY OF PURPOSE
10. She cannot abandon her chicks before they mature.
MENTORSHIP
11. She is always at the front of her chicks.
LEADERSHIP
[Click HERE]
Monday, 7 July 2025
LOL: Blou Maandag-humor ...
* Die sakeman loop eendag een van sy jonger vennote raak wat op pad uit die gebou is.
"Waarheen gaan jy?"
"Ek gaan my hare laat sny," antwoord die vernnoot.
"In werkstyd?"
"Ja, my hare groei mos in werkstyd," sê die kollega.
"Maar jou hare groei nie net in werkstyd nie," vermaan die ouer man hom.
"Ek gaan ook nie al my hare laat afsny nie."
* 'n Man se seldsame ingevoerde hond raak weg. Hy plaas 'n advertensie in die koerant waarin R15 000 aangebied word vir die persoon wat die hond vind.
Twee dae later het hy steeds geen reaksie nie. Hy bel die koerant en vra om met die advertensiebestuurder te praat. Sy sekretaresse sê hy is uit.
Die man vra toe om met die advertensiebestuurder se assistent te praat. Sy sekretaresse sê hy is ook uit. Nie een van die advertensieklerke is daar nie.
"Waar is almal? Daar is dan niemand nie!" roep die ontevrede adverteerder uit.
"Dit is waar, meneer," antwoord die sekretaresse. "Hulle is almal op straat, op soek na jou hond."
* 'n Man bel die telefoonmense om 'n fout te kom herstel, want sy landlyn werk soms, maar soms werk dit nie.
Hulle daag nie op nie. So twee maande later bel hulle, nogal op 'n Saterdag. Hulle wou by hom weet waaroor hy gekla het.
"Ek het lankal self op die dak geklim en die fout reggemaak. Daar was drade wat nie behoorlik vas was nie," sê hy.
"Nee, maar goed," antwoord die telefoonman. "Ek sal iemand stuur om te sien of jy die werk goed gedoen het."
Saturday, 5 July 2025
Bursaries 2026: COMMONLY ASKED QUESTIONS DURING A BURSARY INTERVIEW
* Tell us about yourself.
* What personal achievement makes you the proudest?
* What is your greatest strength?
* What is your greatest weakness?
* What kind of activities do you partake in and enjoy?
* How would others (friends, teachers, etc.) describe you?
* Why did you choose your particular course?
* Why do you want to study at your selected institution?
* What is a mistake you have made, how did you overcome it and what did you learn from it?
* What are your life goals?
* Where do you see yourself in the future (5 to 10 years from now)?
* How do you plan to make use of the bursary award?
* Why do you deserve to be selected for the bursary?
* What can you do for our organisation (what contribution can you make)?
Click HERE for all the information!
Thursday, 3 July 2025
Think about it ... A grateful heart
A grateful heart and a curious mind not only are critical for our growth, but we give others a model and the permission to do the same.
[ Darin K LeGrange]
[ Darin K LeGrange]
Wednesday, 2 July 2025
Bursaries 2026: Mediclinic Bursary Programme for 2026
Mediclinic invites suitably qualified applicants to apply for their Bursary Programme for 2026.
The closing date: 31 July 2025!!
Click HERE for all the information!
Tuesday, 1 July 2025
Subscribe to:
Posts (Atom)