Monday, 15 June 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Willie was vir die soveelste keer hierdie kwartaal weer laat. Die onderwyser het al al die denkbare verskonings aangehoor en gewonder watter van die vele Willie hierdie keer gaan gebruik.
Onnie : "Hoekom is jy laat?"
Willie : "As gevolg van die padteken."
Onnie: "Watse padteken?!"
Willie: "Daai ene wat sê: Skool. Ry Stadig."

* Die lewe is só onregverdig:
As ´n onderwyser ´n fout maak, vee hy dit uit.
As ´n tandarts ´n fout maak, trek hy dit uit.
As ´n dokter ´n fout maak, begrawe hy dit.
As ´n regter ´n fout maak, word dit wet.
As ´n skoolkind ´n fout maak, kom hy volgende jaar terug.

* Onnie: "Gert, waar is Schweizer Renecke?"
Gert: "Ek weet nie, Meneer. Hy is nie in ons klas nie."