Saturday, 28 November 2026

Vakansiewenke: Maniere hoe om duur petrol te bespaar

Vir die Kersvakansie wat op hande is, word Shell se petrolbespaarder se kode net weer onder die lesers se aandag gebring:

* Voordat jy ry, vra jouself af of hierdie rit werklik nodig is.
* Banddruk speel 'n rol in petrolbesparing - gaan dit baie gereeld na.
* Stel enige meganiese foute dadelik reg.
* Moenie die snelheidsgrens oorskry nie - dis veiliger en ook meer ekonomies.
* Vermy oormatige versnelling.
* Moenie die enjin onnodig laat luier nie.
* Wissel jou ratte gladweg en gou - hoe laer die rat, hoe hoër dier petrolverbruik.
* Hou rekord van jou motor se petrolverbruik.

[Vra Shell die antwoorde]