Monday 16 September 2024

LOL: Blou Maandag-humor ... Eksamen-blapse

Verduidelik die rugstring.
Die rugstring is 'n klomp klein beentjies agter teen jou rug op en hulle keer dat 'n mens se bene tot by jou nek is.

Wie was kwaad toe die verlore seun teruggekeer het?
Die vetgemaakte kalf.

Waarom moet die president 'n kabinet hê?
Om sy medaljes in te bêre.

Wilhelm Tell het 'n pyl deur 'n appel geskiet terwyl hy bo-op sy sy seun se kop gestaan het.

Polonius was 'n soort van 'n mitologiese wors.

Alexander het Troje binnegeval vermom as 'n houtperd.

'n Kabinetslid mag nie 'n inwoner wees van die omgewing waarin hy woon nie

Etiket is klein goedjies wat 'n mens nie graag wil doen nie.

Skryf alles wat jy weet van Nero.
Hoe minder 'n mens van Nero skryf, hoe beter.