Thursday 5 May 2022

Baie geluk, Meneer!




Baie geluk met jou honneursgraad in onderwysbestuur, mnr. Johan Herbst. Tekkies is sommer baie trots op jou! 'n Graad wat 'n mens in die steelure van die nag moes doen, omdat jy altyd jou beste by die werk gee, ekstra klasse oor naweke en vakansies gee en dan ook nog betrokke is by buitemuurs, vra meer as net die ekstra myl. In die klein ure van die nag, as almal al slaap, is dit net jy, jou boeke en jou bekommernisse en wonder jy dikwels hoekom jy dit aan jouself doen. Maar op 'n dag soos vandag, as jy die toga om jou skouers hang en die graad in jou hande vashou, dan weet jy dat die min slaap, die baie sweet en die stilstand in jou sosiale lewe deur en deur die moeite werd was. Ons hoop dat hierdie maar net die begin is van nog 'n string grade en dat dr. Herbst eendag vir ons die vinger op die onderwyswond kan lê. Baie geluk!!