Monday 7 October 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Onderwyser: "Jannie, ek is bly om te sien jou handskrif het verbeter."
Jannie: "Dankie, Meneer."
Onderwyser: "Maar nou kan ek sien hoe sleg jy spel!"

ooOOoo
Onderwyser: "Wat lees jy?"
Charles: "Ek weet nie."
Onderwyser: "Maar jy lees kliphard?"
Charles: "Maar ek luister nie."

ooOOoo
Onderwyser: "Het jy jou huiswerk gedoen?"
André: "Nee, Juffrou."
Onderwyser: "Het jy 'n verskoning?"
André: "Ja, dis als my ma se skuld."
Onderwyser: "Het sy jou gekeer om dit te doen?"
André: "Nee, sy het nie genoeg geneul dat ek dit doen nie."