Thursday 6 December 2018

Die groot trek van kuns en klavier ...

Mnr. André van Dyk het van klas verwissel. Dit was nou werklik 'n groot trek. Nie alleen moes hy die gewone boeke, tafels en kunswerke skuif nie, hy moes ook die klavier van die D-blok na die A-blok skuif en daarna trap op tot by A26.

Gelukkig het die skoolhoof, mnr. Pieter Swanepoel, die logistiek van die trek van die klavier hanteer - was dit maar 'n trekklavier, dan was heelwat minder mannekrag nodig!!

En stuk-stuk neem die kuns- en klavierklas weer vorm aan en teen die tyd dat die skool in 2019 begin, sal mnr. André baie note op sy sang hê.  Viva die trekklavier ...