Tuesday 11 December 2018

Spyt kom altyd te laat, maar nie hier nie!


Die skoolhoof se tweede laaste projek van die jaar, was om die klavier in André van Dyk se kuns- en kultuurklas 'n tweede lewe te gee. Hierdie klavier was al die jare in die koshuis en het later in onbruik verval. Mnr. Swanepoel het dit van die koshuis laat kom, en die klavier se uiterlike 'n "face lift" gegee.

Daar kan nou werklik gesê word dat die klavier weer op eie pote kan staan.

Tekkie Tonic het 'n paar foto's in die hande gekry, waar die skoolhoof met die laaste afrondingswerk in aksie gesien kan word.

Foto's: André van Dyk

 


Die hoof besig om 'n laag vernis op die klavier
te spuit!