Saturday 4 April 2020

Mike Visagie ...

Mike, jou voetspore lê die hele skoolterrein vol. Honderde kilometers het jy al op hierdie stuk aarde gestap.

Vandag laat ons die skool se vlae halfmas hang vir jou - 'n mens en kollega wat ons altyd sal onthou en baie gaan mis.

As die skool weer begin, gaan jou plek leeg wees.

Baie sterkte, kalmte, genade en aanvaarding word  vir sy familie toegebid. Mike sal vir ewig voortleef in pragtige herinneringe.