Thursday 7 February 2019

Die ekstra myl: Dankie 11A ...

Dade spreek baie harder as woorde en dit is daardie klein gebaartjies wat dikwels die hupstoot vir hoop gee, veral as hoop se brandstof min raak.

Om die woorde: "Jy het kanker", te hoor, is 'n skok op die gestel, om dit te hoor as jy in graad 8 is en jy het met jou hele hart uitgesien na jou hoërskoolloopbaan, is geen maklike pad nie, Daarom word die entoesiasme van Sheldon de Beer en WG Nel besonder waardeer. Dankie dat julle van julle klasmaats oorgehaal het om vir Michaela Pottas te wys dat "sterkte" ook in dade lê. Vir haar het Valentynsdag 'n week vroeër aangebreek, want op 14 Februarie gee sy haar eerste tree op die chemopad.

[Fotograaf: Mev. Karen Herbst]
 

Sheldon de Beer besig om Bennie Lowings
se rooi hare te tem!

Voor: Armandt Brand, WG Nel en Sheldon de Beer.
Agter: Nico van Heerden, Ruben Reynecke en Sakkie Maree.



WG Nel, Michaela Pottas en Sheldon de Beer