Monday, 1 June 2015

SAGE-deelnemers is almal wenners!!!

Die afgelope naweek was die Vrystaatse SAGE (Students for the Advancement of Global Entrepreneurship) provinsiale kompetisie. Sewe spanne het sake in twee kategorieë uitgespook. Bokamosa van Harrismith is die wenners in die SEB-kategorie, terwyl Aquabionic eerste in die SRB-kategorie is. One Life van Qwa-Qwa blaas in Bokamosa se nek, terwyl Kaizen van Harrismith nie vir lank tevrede gaan wees om die tweede viool in die SRB-kategorie te speel nie. (SEB = Social Enterprise Business en SRB = Socially Responsible Business.)

Die Suid-Afrikaanse kompetisie vind 4 Julie by die Universiteit in Bloemfontein plaas. En so vier weke verderaan ding die bestes uit elke land teen mekaar mee.

Vanjaar sal die 13de Wêreldbeker van SAGE in Seoul, Suid-Korea plaasvind. Vanaf 7 - 10 Augustus gaan sake tussen 'n klomp spanne uitgesorteer word. SAGE (Students for the Advancements of Global Entrepreneurship) is die breinkind van Dr.Curt DeBerg van die Sentrum van Entrepreneurskap aan die Kaliforniese Universiteit, Chigaco. SAGE is 'n internasionale niewinsgewende organisasie wat hoërskoolleerders blootstel aan besigheidsvaardighede en sosiale entrepreneurskap op 'n etiese en sosiaal-verantwoordelike manier. Hierdie organisasie baan die weg vir die jeug om besigheidsvaardighede aan te leer, maar om in dieselfde asem hulle bydrae tot die gemeenskap te lewer en ook terug te ploeg in die gemeenskap. Die "vader" van SAGE met sy span van vyf was in 2010 in Suid-Afrika. Dr. Curt DeBerg was al by 2 vorige geleenthede in Bloemfontein.

Sunday, 31 May 2015

Are you a teenpreneur?




What is a teenpreneur? Do you want to know?

Vrystaat-wenners 2015 in die SRB-afdeling!!


Die Aquabionic-span van HTS!!
Afrika Mokhosi (gr. 11), Christopher Brümmer (gr.10),
me. Melissa Broodryk (mentor), Wilhelm Erasmus (gr.12)
en Pieter Pretorius (gr. 10)

Nog foto's van die dag is hier beskikbaar!

Saturday, 30 May 2015

Gaskunstenaars!!


HTS Skoolkoor saam met me. Malinda Anderson!!

Friday, 29 May 2015

HTS se junior burgemeester van 2002 besoek die skool!


2002 se Junior Stadsraad van Welkom, het 'n geweldige besige en vol program gehad en aan stuur van sake, was niemand minder as die bekende ... (lees verder!)

Thursday, 28 May 2015

NVS-hokkiespeler!


Katleho Mathe

Katleho Mathe, 'n graad 11-leerder van HTS Welkom, se sport, sports, ontspanning en passie is hokkie. Hy is die enigste leerder van die skool wat vir die Noord-Vrystaat hokkiespan gekies is. Hierdie sportman kan ook sy woord gestand doen en hy was Donderdagoggend 'n gas op dr. Chome van Lesedi FM se program.


Eerskomende vakansie is hulle in Bloemfontein waar hulle aan die IPT-toernooi gaan deelneem.  

Wednesday, 27 May 2015

Uitslae van sangitems en koor!

Tekkie-koor kook!!
Lees gerus die 2015 uitslae hier!

Monday, 25 May 2015

Goudveld ATKV Taal- en kunstefees: Kunsafdeling



Teboho Malang
Om met vier (A++) uit die ATKV-kompetisie te stap, sit so 'n heerlike gevoel van warmte om  Teboho Malang, 'n graad 12-leerder van HTS, se hart.

Hierdie leerder het nog nooit 'n kunsles van een of ander aard gehad nie, maar die tekentalent sit baie diep in sy are. Toe hy in die preprimêre skool was, het hy agtergekom dat as ander kinders stokmannetjies teken, hy "regte" mannetjies kan teken, sonder enige moeite.

In graad 9 het me. Malinda Anderson hom gevra om aan die ATKV se kunswedstryd deel te neem, maar toe sy vir hom die skoon velle papier gee, was daardie groot velle so intimiderend, dat hy net daar besluit het om nie te teken nie.

Intussen het Ingenieursgrafika en -ontwerp, een van sy gunsteling vakke geword, waarin hy lag-lag 'n onderskeiding behaal. En daarom was hy oorgehaal vanjaar om deel te neem. Hy het vier sketse ingegee en vir al vier bokant 80% gekry - 88%, 2 x 90% en 'n 96%.     


Baie baie geluk, Teboho en mag jy duisende dollars met jou tekentalent verdien. 

Tuesday, 19 May 2015

Oudleerders besoek die skool!


Hierdie oudleerder van 1999 het so 'n vinnige draai by die skool gemaak om te kyk of daar darem nog onderwysers is wat hy ken! Kliek gerus hier as jy wil sien wie die besoeker was.


'n Oudleerder van 2006 het ook sy Alma Mater besoek en sommer die skool vir sy verloofde gewys!! Kliek gerus hier!!

Sunday, 17 May 2015

Vinkel en koljander...


Letlotlo Mofokeng

Vinkel en koljander... 

Friday, 15 May 2015

Saturday, 9 May 2015

Thursday, 7 May 2015

'n Terugblik... 1991


Boodskap van die skoolhoof 1991

Seker die mees oorwegende rede waarom ons na ses jaar weer 'n fotoblad die lig laat sien, is dat so 'n blad se waarde toeneem met die jare. Daarom glo ek dat diegene wie die skool aan die einde van die jaar gaan verlaat, julself baie gelukkig kan ag. Om na vyftien jaar of langer, deur so 'n fotoblad te blaai, is 'n voorreg wat geld nie kan koop nie.

Die Suid-Afrika van môre kan dalk baie verskil van die een wat ons vandag ken.

Lon Walters het by geleentheid gesê: "'n Skool is 'n gebou met vier mure, met binne-in die dag van môre." Dit is dan ook die hoofdoel van ons, betrokke by die HTS Welkom, om leerlinge voor te berei vir die dag van môre. Leerlinge wat as hulle die dag die skool verlaat, die aanslae en eise van die grootmenswêreld sal kan hanteer.

Laat ons ook sê, in die woorde van wyle mnr. Willie Hofmeyer, stigter van Naspers: "Ek kyk terug en is dankbaar, ek kyk vorentoe en is moedig, ek kyk op en is gelowig."

My hartlike dank aan die personeel en ouers vir dit wat gedoen is in belang van ons skool. My dank ook aan die bestuursraad en ouerkomitees.

Baie dankie ook aan die redaksie van hierdie blad vir u puik werk.

JB du Toit
SKOOLHOOF

Friday, 1 May 2015

Free State loses almost 2 000 teachers!


According to a DA media release, the Free State Dept. of Education has, by its own admission, lost almost 2 000 teachers over three years - 380 teachers resigned in 2012, another 475 in 2013 and 845 in 2014. Four months into this year saw 200 teachers tender their resignations and leave the profession. The teacher exodus, coupled with the high school dropout rate of 61% resulting in an actual Matric pass rate of 39% for 2014, and the poor performance of learners seen in the Annual National Assessment (ANA) results indicate a serious problem within the department. The ANA results for 2014 indicated that only 5.1% of grade 9 students in the Free State obtained an acceptable achievement of 50% and above for mathematics. In the first language category, only 15.6% of these learners obtained an acceptable achievement. The department also struggles to address its R1,3 billion shortfall resulting in the late payment of teacher salaries, the delay in permanent teacher appointments and the late payment of school subsidies.


(Free State Business Bulletin)

Wednesday, 29 April 2015

VUT besoek HTS!

Teboho Malang, mnr. Andrew Strauss en Thabang
Morake. 
Mnr. Strauss, die HOD van studentewerwing van die Vaal Universiteit van Tegnologie, het HTS besoek. Hy het die leerders ingelig oor die verskillende studierigtings en moontlikhede!

Sy boodskap aan die matrikulante is dat hulle een toekoms het en dat hulle dit nie nou moet weggooi, net omdat hulle vriende nie ernstig oor studie is nie! Julle jaar is nog net een kwartaal lank!! Gebruik hierdie kwartaal tot julle voordeel! Viva, PUNTE!

Kliek hier vir belangrike verdere inligting!

Don't!!!


Monday, 27 April 2015

SAGE: Entrepreneurship



Launch of Entrepreneurship Development Program of the University of the Free State -
with Fanie Pretorius, Christopher Brummer, Lesala Khetheng, Wilhelm Erasmus, Afrika Mokhosi, Pieter Pretorius and Thabo Pitse at University of the Free State.

Thursday, 23 April 2015

Eerste in graad 12!

Drikus Jacobs, die ondervoorsitter van
 HTS, staan hierdie kwartaal eerste
in graad 12! Baie geluk, Drikus en
sit skouer aan die wiel vir die tweede
skof! Viva, akademie!!



???


Sunday, 19 April 2015

Vrydagoggend lewer 'n verrassingsbesoek op!

Wat 'n heerlike verrassing het HTS nie gekry, toe een van die skool se vorige hoofde, mnr. AJ du Plessis,
Mnr. en mev. André du Plessis, saam
met mnr. Pieter Swanepoel!
 
beter bekend as "Slang", 'n onverwagte besoek aan die skool gebring het nie. Hy en sy vrou is op 'n gradeplegtigheidstoer. Hulle was pas klaar by UV se plegtigheid en op pad na UP s'n. 'n Besondere voorreg wat sy kleinkinders het om hulle oupa en ouma by hulle gradeplegtighede te kan hê.

Mnr. Du Plessis was so 'n maand terug ook by die Universiteit van die Vrystaat - daar het die goue oues 'n heerlike reünie gehad en agtergekom dat die tyd hopeloos te min was, om staaltjies en stories uit te ruil.

Mnr. André van Dyk, HTS se bibliotekaris en 'n oud-Tekkie, sê dit was vir hom 'n groot voorreg om hierdie legende in lewende lywe te ontmoet - iemand wat diep spore in baie mense se lewe getrap het.

(Nog foto's)




Saturday, 18 April 2015

Tuesday, 14 April 2015

Is dit dalk waar?


Slaan fietsdiefstal hok!

Is dit die enigste fiets wat 'n mens buite
kan los, sonder dat dit gesteel gaan
word?? (Victoria-Wes)

Monday, 30 March 2015

Friday, 27 March 2015

Nuwe intrekkers op skoolterrein!

Sonder dat daar planne van enige aard ingedien is, 
is daar net begin bou, dieselfde dag as wat die skool 
gesluit het.

Nog foto's van die aktiewe en begeesterde bouery!

Thursday, 26 March 2015

Stand van koerantsake!


Nuwe naamborde op die Tekkie-werf!

Die skool vir die toekoms!

Gaan kyk hoe lyk die ander borde!

Saturday, 21 March 2015

HTS se SAGE-span

Die Aquabioniete?
Wie is hulle?
Waarom moet hulle op ys gehou word?
Wat voer hulle in die mou?
Moenie dink hierdie klomp se planne is afgewater nie!!

Sunday, 15 March 2015

Hoekom is hierdie manne so uitgevat?

Dié kultuursiele is afgestof en weer blink gepoleer!

Vat die spoor al langs die kultuurlyn af en gaan vind meer uit oor die geleentheid!!

A study method??

Are there other ways to study?

Saturday, 14 March 2015

Sukkel jy om te onthou??

Kry 'n paar waardevolle wenke op hierdie bladsy!! Verander vandag jou studiemetodes en word 'n wenner!!

Sunday, 8 March 2015

Saturday, 7 March 2015

Dit laat 'n man dink!


Die Google-toets

Die uitslag!!
Sommige webwerwe en blogs is nie verbruikersvriendelik nie. Tekkie Tonic het vandag deur die "GP Mobile-friendly Test" gegaan en die uitslag is duidelik - hierdie blog is verbruikersvriendelik!

Dus Tekkies, lees en geniet die gebeure in en om die skool. Raak betrokke en skryf self!

Hierdie is 'n wenkoerant geskryf vir wenners, deur wenners!


Monday, 2 March 2015

'n Boodskap van die skoolhoof aan die graad 12-leerders...

Voor: Thamsanqa Ramaphiri,  Thabang Morake en 
Letlotlo Mofokeng.
Agter: Tlotliso Molelekwa, Ngubesizwe Mtebele en 
Sello Mokhali

Dra die oortrektrui met trots en stel die voorbeeld vir elke "Tekkie" in die skool.


Be proud and lead by example when you are wearing the pullover.