Tuesday, 23 February 2016

Clover Uitnodigingsbyeenkoms in Bethlehem


Jippieee!!! Op ons pad terug...

Nog foto's van tien top Tekkie-atlete!



















Die gemengde goue aflosspan: Richard, Siswe, Siya en Adrian!!






















Die goue langbeenman - Lebohang Tlali 1,94 m!
Kwalifiseer vir SA's!!
























Tshepo Raseboka, 110m hekkies S/O17, spog met 'n derde plek!























Mordicai Cau het 'n goue medalje gekry vir die hoogspring S/17!


Mnr. Deon Fourie, me. Alet Harding en mnr. Johann van der
Walt het die vars lug van die Oos-Vrystaat ingeasem!!

Beide Richard Owuru en Siswe Mtshambela het brons medaljes
vir die 100m seuns, onderskeidelik O/19 en O/17 gekry.













































What have you really won?


Monday, 22 February 2016

Gideons besoek HTS Welkom


Dis al ‘n ou Tekkie-tradisie dat die Gideons die skool besoek. Hierdie jaar het hulle weer 'n treffende boodskap aan die leerders oorgedra.

Die leerders is dan ook bevoorreg om ‘n Bybel van hul eie te ontvang. Hiermee word die saad op vrugbare grond gesaai en hopelik sal dit die vrugte dra wat daarby pas.

Saam met mnre. Johan Vorster en Ben Barnard is van die graad 8-leerders wat 'n Bybel ontvang het. Hulle is Kgosi Mokgaudi, Ntandazo Nyiki, Francois Booysen en Demitri Barnes.

Sunday, 21 February 2016

Sukkel jy met wiskunde??


Wiskunde: Hersieningsvraestelle vir graad 12 (2015)

LitNetNotas, toetse en vraestelle2015-11-03
Matrikulante 2016: hier is hulp – ses jaar se wiskundevraestelle en -memorandums!

Besoek die André Huguenet-teater in Bloemfontein!



Viva opvoerings! In twee ure het ons ons hele voorge- skrewe boek geabsorbeer!

Graad 11A en 11C het na die opvoering "Sophiatown" in
Bloemfontein gaan kyk.










Hier is 'n paar van die leerders.
'n Bietjie nader... dalk 'n bietjie mooier??

Saturday, 20 February 2016

Rugbyproewe!


Sterkte vir al die Tekkies wat vandag hulle talente op die rugbyveld gaan wys.

Uit 1960 se jaarblad...








Lees verder.

Friday, 19 February 2016

Die jaar 1960...


'n Uittreksel uit die eerste jaarblad!
Die Tegniese Instituut is nege jaar oud en die eerste jaarblad maak sy verskyning op straat. Hierdie eerste poging om 'n blik op die beginjare van HTS te gee, is vandag 'n kosbare erfenis.

As daar enige van die oudleerders is wat staaltjies, stories en juweeltjies met ons wil deel, stuur dit asb. na die skool: htswelkom@telkomsa.net of aldawelman@gmail.com

Ons hoor graag van julle! (Red.)

Thursday, 18 February 2016

Sunday, 14 February 2016

Three simple rules in life...


Valentine's Day!!























Wenner van die Valentynsdagkompetisie! Baie geluk, mev.
Anderson! Jy is nie verniet die kunsjuffrou nie! Geniet die
prys!!

Friday, 12 February 2016

Vrydag se Valentynsvieringe ...


Bo: Melissa Broodryk,, Jeanette Zitzke en Cara Steyn. Onder staan 
Tania Koen, Nyakallo Mothunyane en Johan van der Walt!




Aangesien dit dié maand van die liefde is en Valentyns= dag op 'n Sondag val, het die Tekkie-personeel besluit om hulleself in rooi te tooi en uiting te gee aan hulle kreatiwiteit. Sprokiesboek- en strokiesboekkarakters het weer lewe gekry en ten spyte van tydspronge wat hulle moes maak, het hulle almal Vrydag skool gehou. Hier is 'n paar van die karakters vasgevang op kamera, sodat hulle nageslag oor 50 jaar kan sien, daar was ook lewe in die grys koppe...




Quintus Coetzee, Marguerite Pienaar, Annelene Botes, Lucinda van
den Berg, Jeanette Zitzke, Karin Munnik, Johan Herbst, Raz Art,
Cara Steyn, Vernon en Alet Harding, Melissa Broodryk, Henk van
Vuuren, Tania Koen, Sheree Gray en Pieter Swanepoel.


Monday, 8 February 2016

Sunday, 7 February 2016

Thursday, 4 February 2016

Nuwe gesigte!



Drie nuwe personeellede het hulle by HTS Welkom aangesluit. Mnre. Vuzi Manqana en Siyabonga Khoza gaan Tegniese Wiskunde gee en mej. Sheree Gray is vir Ingenieursgrafika en ontwerp verantwoordelik. Op die foto is mnr. Siyabonga Khoza, mej. Sheree Gray en mnr. Vuzi Manqana
(foto: André van Dyk)

Wednesday, 3 February 2016

Do you struggle with science??





















GO TO:

http://hwscience.blogspot.co.za

Tuesday, 2 February 2016

Nuut op die Tekkie-werf!


Deesdae moet die Tekkie-motoriste afrat na eerste rat, as hulle
in die skoolterrein  ry!

Foto's: JC Buysse


Dangerous!



Sunday, 31 January 2016

Saturday, 30 January 2016

Tekkies is wenners!


Vir elkeen wat vandag van vroeg af aan die gang is, julle verdien
'n eerste plek!!
























Die Sasol-medaljewenners!!


Die glimlag van 'n wenspan!!!






















Richard Owuru met 'n goeie tweede plek!






















Die span spog met 'n derde plek!






















Hierdie manne het 'n derde plek los gehardloop!

Viva die mense in die agtergrond!!


Kamogelo  Malekutu en Ushupeng Kgwele maak dit vir die atlete
maklik om deel te neem. Twee regte raakvatters!!
 

Agter elke suksesvolle man, is 'n vrou en agter elke suksesvolle
Tekkie-atleet is sy afrigter, spanbestuurder en helpers!!

Deelnemers aan die SASOL KFC-atletiekbyeenkoms!

Mpho Maphori, HTS se junior Victor Ludorum vir 2016!!

Hier is van die Tekkie-atlete op die pawiljoen. Voor is Lebohang
Tlali, HTS se senior Victor Ludorum, vir 2016.


48 van die oulikste Tekkies sit vandag op die pawiljoen in
Sasolburg! Hulle is ware ambassadeurs van die skool en ten
spyte daarvan dat die seuns al 5:00 van die skool gery het, is
hulle op en wakker en neem hulle met entoesiasme deel.
Op die agtergrond is mnr. en mev. Harding wat die
spanbestuurders van die groep oulike atlete is!!   


Friday, 15 January 2016

Wednesday, 13 January 2016

Matriekuitslae 2015!

HTS het vanjaar 'n 90.24% slaagsyfer, teenoor die provinsiale slaagsyfer van 81%. Gelukkige matrieks se vreugdekrete kon kilometers ver gehoor word....

Baie geluk aan elke matrikulant en hul ouers met u kind se uitslae. Ons is baie trots op elkeen van julle.  Baie geluk en dankie ook aan elke personeellid vir u toegewydheid, ekstra klasse en leiding aan die kinders.

Baie dankie aan ons Skepper wie se Genade en Liefde vir ons onuitspreeklik groot is.

Die minister van onderwys, me Angie Motshekga, het tydens die bekendmaking van die 2015-matriekuitslae gesê die verwerwing van ’n matrieksertifikaat is nie ’n naelloop nie, maar ’n marathon van 13 jaar. Die vaslegging van basiese vaardighede in die grondslagfase, soos lees, skryf en wiskunde, is van die belangrikste boustene wat gelê word in die uiteindelike suksesvolle verwerwing van ’n matrieksertifikaat.

Verder word vaardighede soos analitiese en kritiese denke, probleemoplossing en lewensvaardighede soos tydbestuur en studievaardighede, alles oor die volle duur van ’n leerder se skoolloopbaan bemeester; deur die aktiewe deelname aan  ouderdomsgepaste leergeleenthede.

Leerders wat nie vanjaar matriek geslaag het nie, moet weet dat dit nie die einde is nie, en dat mislukking deel van die leerproses is – aanhouer wen!  

Leerders wat nou hul matrieksertifikate en/of universiteitsvrystelling verwerf het, moet besef dat dit die begin van ’n nuwe lewensfase is. Die uitdaging is nou om werk of toegang tot naskoolse opleiding te kry om hulle verder te bekwaam vir hul beroepe. Leerders wat nie suksesvol was nie, moet ook ander opleidingsopsies oorweeg, veral waar daar vaardighede en ’n vakleerlingskap aangeleer kan word.

Tekkies, daar is groot tekorte in bedrywe waar vakleerlingsvaardighede gebruik word, en daar bestaan goeie loopbaangeleenthede vir mense wat bereid is om hulself daarin te laat oplei.

Gebruik die kans, julle het tegnies 'n voorsprong!!


Best wishes to everybody for the new school year.


2016
Enjoy the opportunity to make a difference!


Tuesday, 12 January 2016

For the grade 12's!!

























Term
Duration
Number of weeks
Number of days
Number of public holidays
Actual number of school days
1
(11) 13 Jan - 18 March
10
48 (50)
0
48 (50)
2
5 April - 24 June
12
59
3 + 1
55
3
18 Jul - 30 Sept
11
55
1 + 1
53
4
10 Oct - 7 (9) Dec
9
43 (45)
0
43 (45)

Total
42
205 (209)
4 + 2
199 (203)

- Dates and days in brackets ( ) are applicable to educators!!

Sunday, 10 January 2016

Wednesday, 30 December 2015